1 Samuel 22:1-3
Dawid het daarvandaan weggegaan en ontsnap na die Adullamgrot toe. Sy broers en sy hele familie het dit gehoor en daarheen gegaan na hom toe.
2Verder het elkeen wat in die moeilikheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was, by hom aangesluit, en hy het hulle leier geword. Daar was ongeveer vier honderd man by hom.
Ons herken beswaarlik vir Dawid as vlugteling nadat hy enekele hoofstukke vroeër vir Goliat verslaan het. Nou vlug hy vir sy lewe omdat Koning Saul jaloers is op hom. Dawid gaan skuil in 'n grot.
Miskien is jý iemand wat op die oomblik in 'n grot sit; die rede maak nie saak nie. In die tyd wat Dawid in die grot wegkruip, skryf hy Psalm 142. die belangrike is dat Dawid ná God toe vlug, en nie wég van Hom vlug nie.
Dalk vlug jy ook vanoggend. Maak die keuse om, as dit nodig is, jou trots in jou sak te druk en ná God te vlug. Hy was vir jou.
Gebed
Hemelse Vader. Ek bid vir elkeen wat hierdie stukkie lees en dalk iewers alleen in 'n grot sit of dalk aan die vlug is. Heilige Gees, inspireer só persoon om na die Vader te vlug en nie te dink hy kan alleen alles hanteer nie. Amen