Hosea 4:6 (Nuwe Lewende Vertaling)
My volk word verwoes omdat hulle My nie ken nie.
Manne, die dae is verby dat jy dink iemand anders moet jou God se WOORD leer. Inteendeel daar was nog nooit dae wat ander mense ons moes leer van God se WOORD nie.
Ons moet verantwoordelikheid aanvaar om God se WOORD te ken. Ons moet onsself in God se woord "soak". Stop net 'n oomblik hier en dink mooi na oor wat jy nou net gelees het. Jy moet jouself in God se WOORD "soak"! Die WOORD moet in ons, om ons, voor ons, agter ons, bo ons, langs ons, onder ons, oral wees. Ons kan nie net maar die Bybel lees omdat ons skuldig voel nie. Ons moet die Woord bestudeer. Hoor die volgende klemverskuiwing ... Lees jy die Bybel om kennis op te doen, of lees jy die Bybel om van God te hoor? Is dit nie 'n awesome klemverskuiwing nie? Hoe lees jy die Bybel ... om jou gewete te sus ... om kennis op te doen ... of om van God te hoor. In Jakobus 1 vers 5 sê die WOORD dat as jy God vra vir wysheid sal Hy dit vir jou gee!
Gebed
Here, Almagtige God en Heilige Gees, U is 'n awesome God, dankie dat U lief is vir ons, dankie dat ons onsself kinders van die Almagtige, Lewendige God mag noem. Here, gee ons die wysheid dat ons U WOORD sal verstaan, help ons met die ingesteldheid dat ons U WOORD sal lees om van U te hoor en nie net bloot om kennis op te wil doen nie. Amen