Joshua Besigheid

Joshua Mannebediening is in die proses om ‘n Joshua Besigheidsnetwerk op die been te bring. Dit is ‘n nasionale netwerk wat van regoor Suid-Afrika besighede betrek. Ons besef baie goed dat ons nie sonder die finansiële ondersteuning van besighede ander kan help nie. Aan die ander kant wil ons besighede die geleentheid bied om besigheid met Joshua Manne te doen. Sodoende kan Joshua Manne weet hulle doen besigheid met betroubare diensverskaffers wat sê: “Ek en my besigheid … ons dien die Here”.

Voorbeeld:

‘n Joshua-Man van Boksburg wil ‘n motor koop vir sy kind. Hy gaan na www.joshua2415.co.za en klik op die skakel vir Joshua Besighede. Hy vul die soekvelde in vir waarvoor hy soek en kom af op “Botha & Deysel Motors” in Noordrandweg, Boksburg. Hy weet dit is ‘n Joshua Besigheid en kan met vertroue met hulle sake doen en dit is ‘n wen-wen situasie vir beide partye.
Ons is besig met die ontwerp van ‘n “Joshua Besigheid” logo wat Joshua Besighede kan aankoop. Dit sal as ‘n plakker beskikbaar wees wat jy op jou besigheid se venster kan plak of ‘n logo wat uit vlekvrye staal gesny is. Hierdie kan jy dan teen jou besigheid se muur sit. Ons gaan ook Joshua Besigheid-logo’s beskikbaar stel wat besighede op hulle webblaaie kan sit en as “signature” onderaan e-posse. Ons sal ‘n kort profiel van elke Joshua Besigheid benodig om op www.Joshua2415.co.za te sit.

Registreer

Die eerste 25 (twintig) besighede wat registreer en ‘n registrasiefooi van R2 500 betaal, is vir 24 maande ‘n geregistreerde Joshua Besigheid en ontvang ook ‘n gratis Joshua Besigheid vlekvrye staal plaat om op jou besigheid se muur te sit. Dit word kosteloos aan jou gestuur.
Klik hier om ons te kontak.

Besighede wat maand vir maand wil registreer, se donasie aan Joshua Mannebediening, is R250 per maand met ‘n onderneming om vir minstens 12 (twaalf) maande te registreer.
Klik hier om ons te kontak.

Ondersteun

Joshua Manne laat  nie ouens die opdraendes van die lewe alleen loop nie. Ons ondersteun mekaar soos en waar nodig. Dit kan finansiële ondersteuning, 'n gebed, werk of enigiets wees. Ons help waar ons kan.

Family

We serve our families based on the same promise Joshua made in Joshua 24:15 "choose for yourselves this day whom you will serve, ... but as for me and my household, we will serve the LORD". We are not ashamed to openly confess Jesus Christ as our Lord and Saviour.

Woord van God

Ons staan volledig op die Bybel as die Woord van God en deur die Heilige Gees geïnspireer is, groot waarde het om in die waarheid te onderrig , dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. (2 Tim 3:16)

Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Client 1
Joshua 24:15Joshua 24:15