Hoe help ek

Iemand het een keer die volgende gesê: "Money is a headache and money is the cure." Mens kan dit dalk ander ook stel: "The absence of money is a headache and money is the cure."

Baie huisgesinne vandag het hoofpyn as gevolg van 'n tekort aan geld. Daar is verskillende redes daarvoor. Baie gesinne kry swaar as gevolg van afleggings waar die broodwinnaar sy/haar werk verloor het. Ander gesinne trek finansieel swaar as gevolg van ‘n groot onverwagse uitgawe wat hulle kontantvloei omver gegooi het. In baie gevalle is dit dokters- en apteekrekeninge wat die oorsaak is. Kos en water & ligte is ‘n lopende uitgawe wat altyd daar sal wees.


Wat ookal die rede, ons voel as Joshua Mannebediening verplig om te help waar ons kan.

Ons het fondse nodig om te kan help en het jou hulp nodig. Ons het op die oomblik geld nodig vir mediese onkostes en kinders wat op sporttoere moet gaan.

Sien jy asseblief jou weg oop om ons finansieel te ondersteun sodat ons ander kan help? Die bedrag wat ons in gedagte is ±R100 per maand, of wat jy ookal kan gee. Hoe meer R100’e ons kan kry hoe meer kan ons weggee.

Soos genoem is ons ‘n geregistreerde Artikel 21 Maatskappy, 2010/016969/08.


Bankbesonderhede
Joshua Mannebediening
ABSA
Rek nr: 01034070241
Takkode: 632005
Verwysing: Joshua 2415

Baie dankie solank vir jou hulp. Ons gaan voortdurend deur middel van nuusbriewe en hier op ons webblad terugvoer gee.

Ondersteun

Joshua Manne laat ouens die opdraendes van die lewe alleen loop nie. Ons ondersteun mekaar soos en waar nodig. Dit kan finansiële ondersteuning, 'n gebed, werk of enigiets wees. Ons help waar ons kan.

Family

We serve our families based on the same promise Joshua made in Joshua 24:15 "choose for yourselves this day whom you will serve, ... but as for me and my household, we will serve the LORD". We are not ashamed to openly confess Jesus Christ as our Lord and Saviour.

Woord van God

Ons staan volledig op die Bybel as die Woord van God en deur die Heilige Gees geïnspireer is, groot waarde het om in die waarheid te onderrig , dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. (2 Tim 3:16)