Hoe lank nog?

Matteus 24:36-42 (enkele verse)

Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie - ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader.

Julle besef tog goed, as 'n huiseienaar vooraf weet hoe laat in die nag die dief gaan kom, sal hy op sy hoede bly en nie toelaat dat daar by sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook voorbereid wees, want die Seun van die Mens kom op 'n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.


Ek het gister in die pos 'n opgevoude dokument: "The end of the world is almost here! Holy God will bring judgment day on May 21, 2011".Die skrywer gebruik allerhande somme en verkeerde aannames in hierdie som om by 21 Mei 2011 uit tekom. (Dis 4 dae voor my vrou, Anneke, se verjaarsdag.)

Ek wil nie in die argumentering hierrondom betrokke raak nie. Die punt is dit: die Skrif is baie duidelik oor 2 dinge: Jesus kom weer en niemand weet wanneer daardie dag is nie ... nie eers Hý nie.

Daarom, kom ons gebruik vandag om ons daaraan te herinner dat Jesus enige dag, enige oomblik kan kom. Kom ons wei ons lewe aan die Drie-Enige God deur nié te wag op sy pa, soos 'n kind wat 'n ruit stukkend geslaan het met 'n krieketbal nie, maar soos 'n bruid wat met opgewondenheid wag op haar bruid.

Gebed
Hemelse Vader. Ons weet nie wanneer u vir Jesus Christus gaan terugstuur nie. Intussen weet ons dat Hy besig is om vir ons plek voor te berei. Ons bid dat U asseblief U Heilige Gees oor mense sal laat kom wat nié gereed is nie. Here Jesus, ons sien met opgewondenheid uit na u koms om ons almal te kom haal. Amen.