'n Goeie voorbeeld is goud werd

2 Konings 15:34

Jotam het gedoen wat reg is in die oë van die Here en hy het in alles die voorbeeld van sy pa gevolg.

2 Konings 24:9
Jojagin het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy pa gevolg.



Binne net 'n paar hoofstukke, lees ons van 2 seuns. Beide het in die voetspore van hulle pa's gevolg. Jotam se pa het vir hom 'n goeie voorbeeld gestel omdat sý pa reg gedoen het in die oë van die Here.
Jojagin se pa het nié 'n goeie voorbeeld gestel nie; sy seun het in sy spore gevolg.

Ons kinders doen soos ons doen; hulle volg ons voorbeeld as pa's. Aartjie na sy vaartjie. Wat sien hulle in ons lewens raak? "My seun, jy moet teenoor jou meisie en later vrou optree soos ek teenoor Mamma optree. Tree teenoor ander mense op soos ek teenoor hulle optree."

Ons kinders hou ons dop!

Gebed
Hemelse Vader, ek onderneem om die beste voorbeeld vir my kinders te wees wat ek kan en in alles wat ek doen, reg te doen in u oë. Amen.