Lukas 17:15
En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys.
Ons almal ken die agtergrond van hierdie stuk. Jesus het 10 melaatses gesond gemaak. Net 1 het gestop, omgedraai en vir Jesus dankie gesê.
Gebed
Hemelse Vader.
Vandag, 31 Augustus, die laaste dag van 2010 se winter, stop ons as manne 'n oomblik. Ons stop om vir U dankie te sê. Dankie vir soveel wat ons kan geniet en het. Vader, dankie vir my wonderlike vrou en kinders, ouers en familie. Dankie dat ek gesondheid het, soveel gawes en vreugde.
Ons bid vanoggend vir dié wat nié hierdie voorregte en seëninge het nie. Daar is soveel Manne wat alleen is, eensaam. Maar ongelukkig veroorsaak baie van hierdie manne hulle eie eensaamheid. Laat hulle vandag besef dat U hulle ontsettend liefhet.
Dankie Vader, vir u genade in my lewe.
Amen