Wys my tereg ...

Vandag se Inspirasie kom van een van ons Josua-Manne, Paul du Toit.

Verlede week Woensdag oggend het Pierrie die opmerking gemaak dat hy sou graag wou hê dat iemand hom moet aanspreek indien hy verkeerd optree.

Dit is wat met my gebeur het, en ek is steeds dankbaar vir die vriend wat my reg gehelp het.
Ek werk vir 'n lugredery, en dit was ons gewoonte om na 'n vliegtuig sy laaste vlug gedoen het, ons onsself gehelp met kos en sappe wat nie op die vlug gebruik was nie. Dit is natuurlik teen die redery se reëls. 'n Paar jaar terug het ek ook een aand myself gehelp met 'n paar houers "Ceres" vrugtesappe en dit op die vliegtuig weggesteek.Later die aand toe ek die houers gaan afhaal stap ek deur die vliegtuig en kom toe op 'n Gideons Bybel af. As "Christen" tel ek die Bybel op en dit val toe oop by Romeine 14; 13. "Laat ons mekaar dan nie meer oordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie." Ek lees dit, dink dit is oulik en sit toe die Bybel terug in sy houer. Ek het toe my "Ceres" sappe gaan haal en in my sluitkas gaan sit. Later die aand kom 'n goeie vriend na my en sê hy wil met my praat. Hy sê toe vir my, ek en hy is mense wat nie 'n geheim daarvan maak om te sê dat ons Christene is nie. Ons gaan kerk toe, lees Christelike materiaal, ons neem standpunt in as Christene en ons kolegas en ander mense sien dit. Dieselfde mense sien ook hoe ons kos en sappe van die vliegtuig afhaal (steel) wat teen die redery se reëls is. Hulle kry dan die indruk as dit vir Christene reg is, om goed wat nie hulle sn is nie, vir hulle self toe te eien dan kan hulle dit mos ook doen. Net daar toe besef ek wat ek vroeër die aand in Romeine 14:13 gelees het. "Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie." M.a.w. moenie dinge doen wat aanleiding kan gee wat ander mense op die verkeerde pad kan bring nie. Of dit nou is wat ek gedoen het, of jou drink of eet gewoontes, jou taal, enigiets, moet nooit so optree dat jy die oorsaak van ander se sonde is nie. Ek het dadelik alles wat ek geneem het gaan teruggee en nie weer iets van die redery geneem waarvoor ek nie toestemming gehad het nie. 1 Johannes 4:12. "Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik." Netso sien mense God in ons raak, ook in ons optrede, in ons taal, ons voorkoms, ens. en is dit belangrik hoe ons God aan die wêreld vertoon.

Gebed
Vader, ek onderneem om altyd so op te tree dat nie iemand anders laat struikel nie. Ek stel my ook oop dat my vriende my kan teregwys indien ek iewers iets doen wat ander dalk mag laat struikel.