Is jy in goeie vorm?

1 Timoteus 4:7 - 8

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.



Is jy in goeie vorm? (Wil nie sê "kondisie" nie. My vrou reken net 'n perd is in 'n kondisie.) En geestelik?
Baie van ons moes deur harde oefening en ontnugtering ontdek dat om fisies goed te voel, oefening verf. Iemand wat fiks is, sit nie in 'n stoel en wens hy/sy is lekker fiks nie. Nee, dit vat oefening, baie oefening. En ook baie geduld. Fiksheid kom nie oornag nie. Om “in goeie shape” te kom vat tyd, dissipline en harde werk. Dit gebeur nie vanself nie.
Netso moet ons aanvaar dat om geestelik “in goeie shape” te kom, tyd vat. Dit neem tyd, dissipline en volharding. Ons hardloop tog nie 400m ver en verwag om fiks te wees nie. Warom doen ons dit met ons geestelike lewe?!
Ons lees, dalk, een ker per week ietsie uit die Bybel of bid dalk selfs 1 of 2 keer per week vinnig ietsie en verwag ons moet 'n sterk, groeiende verhouding met God hê.
Paulus sê dat ons ons moet oefen om in toewyding aan God, te lewe. Watter oefeninge doen jy om hierby uit te kom.

Ek besef net vandag opnuut weer hoe onfiks ek werklik is, ja, na liggaam ook.

Gebed
Here, ek skiet so ver tekort en is geestelik ontsettend onfiks. Baie ander hardloop vooruit omdat ek nie kan byhou nie. En soms, gee ek hulle of omstandighede of tyd die skuld vir my eie onfiksheid. Ek wil fiks word. Oefen asseblief saam met my, Drie Enige God. Amen.