Laat reg geskied ...

Miga 6:8

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.



Sjoe, dis half 'n moeilike een dié. Net om seker te maak dat ek darem nie te sleg doen nie, lees ek toe gou wat die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal sê: “Versigtig, met oorleg, nie oorhaastig nie”. Ok, in vergelyking met ander doen ek nie te vrot nie. In vergelyking met die Woord van God ... nie te goed nie. Waarom is dit so dat ons té dikwels haastig optree, té haastig praat, té haastig raas, té haastig skel.

Hierdie vers kom as antwoord op vers 6: “Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel?” En dan antwoord die profeet dat ons bedagsaam sal leef. Kom ons dien die Here deur bedagsaam te wees teenoor veral die mense naaste aan ons.

Gebed
Here, ek wil sonder blaam voor U lewe ... maar ek sukkel baie. Heilige Gees, herinner my dadelik aan hierdie vers indien ek dalk oorhaastig iets verkeerd wil doen. Amen.