Efesiërs 1:3
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
Ek glo dat God baie keer met ons praat direk uit die Bybel. Jy kan boek in die Bybel 'n paar keer lees maar eendag staan n gedeelte net eenvoudig uit. Dis dan (onder andere) wat ek glo dat God met ons praat. Ek is besig met die boek Efesiërs. Efesiers 1:3 sê " ... Hy (God) het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die Hemel is." Manne hierdie is groot ... ons het dus reeds alle seëninge wat die Hemel kan bied! Dis wow ... dis awesome ... dis absoluut groot! "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus kom al die lof toe". Soms jaag ons die seëninge van God na, maar God sê dat ons reeds al die seëninge het. Ons moet ophou om die seëninge na te jaag maar eerder vanuit die seëninge "operate". Ons dien 'n awesome, lewendige, almagtige God. Gaan heen en weet jy het reeds al die seëninge wat die hemel kan bied.
Gebed
Here gee ons wysheid en maak ons geestesoë oop, Here openbaar Uself aan ons dat ons kan besef watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat U vir ons bestem het. Amen.