Dankbaarheid deel van jou lewe?

Kolossense 3:15

"Wees altyd dankbaar."

Ek het vroeër 'n e-pos van iemand gekry wat gaan oor dankbaarheid. Dit sê ook iets daarvan 'n ou se houding teenoor die lewe tot 'n groot mate bepaal wie jy is.


Kom ons praat vandag oor dankbaarheid.
Ons manne wil dikwels so bitter graag goeters hê, dikwels wat ander manne het. En hulle wil weer hê wat óns het. Ons wil graag die kar of huis hê wat 'n ander het, ook so nice en mooi vrou soos die en daai ou. Ai, en as my kinders ook net so goed presteer het soos daai ou se kinders.
En al die tyd kyk ons verby dít wat ons het. Ek het die voorreg om 'n pragtige, wonderlike vrou te hê (een wat regtig baie lief is vir my), 3 fantastiese seuns, 'n huis, werk én ryding.
Neem vandag bietjie voorraad van wat jy het en dank die Here vandag nog vir wie jy is en wat jy het. Iewers is daar iemand wat wens hy is so gelukkig en bevoorreg soos jy.

Gebed
Here, dankie vir alles wat ek het en is. Dankie vir alles waarmee U my bederf. Ek is jammer dat ek net té dikwels verby kyk by alles wat ek het. Amen.