Matteus 7:12
Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.
Hierdie teks word in die algemeen na verwys as "Die Goue Reël". Baie gelowe leer 'n negatiewe weergawe hiervan. Confucius het gesê: "Wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, moenie dit aan ander doen nie".
Deur hierdie stelling positief te stel, het Jesus dit meer betekenisvol gemaak. Dis waarskynlik makliker om jouself te weerhou om iets negatief aan iemand. Dis egter 'n ander storie om inisiatief te neem en iets positief aan iemand te doen. Die positief vra aksie. Dis wat dissipelskap vandag van jou en my vra.
Hierdie stuk vra vandag van ons 'n positiewe optrede teenoor iemand anders.
Gebed
Vader, ek onderneem om vandag 'n positiewe iets te doen in iemand se lewe. Amen.