Moenie aan hierdie wêreld gelyk word nie

Romeine 12:2

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.

As mens so lees wat Paulus hier skryf, lyk dit of hulle ook maar hiermee gestoei het; christene wat optree soos die mense rondom hulle. Ek sien om my baie Christene wat gelyk word aan die wêreld ... en ons móénie.

Moenie oor rooi verkeersligte ry omdat taxi's dit doen nie. Moenie jou vrou verneuk omdat ander mans dit doen nie. Moenie vloek omdat ander dit doen nie. Moenie onverantwoordelik en onverskillig bestuur omdat ander dit doen en daarmee wegkom nie. Ons verhouding met die drie-enige God vra 'n "anders-as-die-res" manier van lewe.

Paulus noem twee belangrike dinge: Moenie optree soos die wêreld nie en laat God jou verander deur jou denke te vernuwe. Kom ons verstaan iets daarvan dat Christene se grootste getuienis nie in ons belydenis lê nie maar uitbasuin word deur ons doen en late.

Your deeds cry so loud, I can not hear what you are saying.

Gebed
Vader, verander my waar nodig deur die manier waarop ek dink te verander. Amen