Hou koers ....

Spreuke 4:27

Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.

As ek reg onthou uit my Graad 1 dae, is die Voortrekkers se leuse, "Hou Koers".

Twee woorde en tog so kragtig. Die maklikste manier om op koers te bly, lyk my, is om nie links of regs van jou roete af te wyk nie. Sjoe, makiker gesê as gedaan. Is die tye wanneer ons afwyk nie wanneer ons net 'n klein bietjie afwyk nie? 'n Buite-egtelike verhouding begin met 'n klein onskuldige SMS, net een drankie te veel, net bietjie hiermee eksperimenteer, net R100 uit die laai vat, net nou-en-dan my gesin afskeep ...

Moenie links of regs afwyk nie! CS Lewis het gesê: "'n Klein leuentjie is soos 'n klein swangerskap - dit neem nie lank voor almal in elk geval weet nie".

Hou koers!

Gebed

Here, U weet dat my verhouding vir my kosbaar en gelyktydig breekbaar is ... en ék breek dit elke keer. Here, deur die werking van u Gees in my onderneem ek om nie eers bietjie links of bietjie regs af te wyk nie. Amen