Laat ek die goed voel en sien wat u hart aanraak

Vandag se inspirasie kom uit die reël van 'n lied.

Hierdie reël sê: "break my heart with the things that break your heart". Vertaal kan dit amper iets wees soos "laat ek die goed voel/sien wat U hart aanraak".

Dit het my baie aangespreek.

Is ek daagliks bereid om deur God se oë na die wêreld te kyk; na iemand wat honger is; in nood verkeer; eensaam is of op die punt staan van ineenstorting?

My eie bevooroordeeldheid keer my té veel om dit te doen! 'n Deel in my wil voel hulle verdien dit; dit het niks met mý te doen nie; hulle eie mense moet hulle help. So regverig ons ons eie onbetrokkenheid en hoekom ons nie met God se oë wil kyk nie. Kom ons maak vandag die keuse om meer en meer met God se hart na mense te kyk en hulle deur God se oë, nié my eie nie, te sien.

Dis immers hoe ons wil hê God na ons moet kyk.

Gebed
Vader, ek wil vandag deur u oë en met u hart na mense kyk wat my pad kruis. Amen