Moenie wag om goed te doen nie

Spreuke 3:27

"Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie."

In die Kaap gebeur dit dat 'n jong opgesmukte jong dame by 'n reeds stampvol bus inklim. 'n Entjie af in die gang staan 'n man op en beduie dat sy op sy plek kan gaan sit. "Jy hoef nie op te staan omdat ek 'n lady is nie", laat sy hom goed verstaan. "Nei, ek staan nie op omdat jy 'n lady is nie. Ek staan op omdat ek 'n gentleman is".

mdat ek 'n man van God, 'n man met inbors is, weerhou ek nie 'n weldaad nie. Ek maak nie 'n goedkoop belofte aan iemand dat ek vir hom of haar sal bid terwyl ek weet ek gaan dit waarskynlik nie doen nie. Aan die ander kant hoef niemand te verdien dat ek help nie. Eintlik behoort hulp nie aan voorwaardes gekoppel te wees nie.

Gebed

Here, U weet dat ek soms 'n onderneming gee dat ek sal bid of help net om later te vergeet daarvan. Dit sal vandag verander. Amen