#magsmisbruik

Comment

Waag dit om te waag

Matteus 25:24-26 "Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: 'Meneer .. ek (het) u muntstuk in die grond gaan begrawe. Toe sê sy eienaar vir hom: Jy is 'n slegte en 'n lui slaaf!"

Ek het iewers 'n paar jaar terug hierdie sêding gelees: "If you have decided to play it safe in life, you have decided not to grow anymore." Dit het my dadelik aangespreek. Baie van ons is bang ons maak foute wanneer ons iets nuuts probeer of aanpak wat ons nog nooit probeer het nie. Ons is bang ons is onsuksesvol.
Baie Christene is ook bang vir foute maak. Net-nou probeer ek iets en is onsuksesvol. Wat gebeur as ek bid vir iets en die Here beantwoord nie my gebed nie! Ek is bang om myself te gaan aanmeld by die kinderbediening; sê nou ek maak 'n fout! Daarom is ons ongelukkig ook dikwels soos hierdie slaaf wat die muntstuk begrawe het.
Ons kan net groei as ons probeer. My Pa sê altyd dat 'n skilpad alleenlik vorentoe kan gaan as hy sy kop uitsteek.
Wanneer laas het jy jou kop in geloof uitgesteek? Die Here het aan jou alles gegee wat jy nodig het. Waag vandag nog saam met God en die talente wat hy vir jou gegee het. Moenie jou talente en vermoëns begrawe nie.
"Between the great things we cannot do and the small things we will not do, the danger is that we shall do nothing." Anoniem

Gebed
Hemelse Vader. As ek tot vandag toe my talente begrawe het en nagelaat het om te doen wat U van my vra, wil ek dit vandag verander. Amen.

 

Comment

Moenie dat die voete van jou geloof gly nie ...

Vandag se inspirasie

“God is vir Israel baie goed, vir dié wat rein van hart is” (Psalm 73:1). Dis amper asof die Psalm wil sê dat alles goed gaan met God se mense. Die antwoord op die lewe is maklik ... bly na aan God en dit sal met jou goed gaan.

Comment

Verwagtinge ...

'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak ’n mens mismoedig; 'n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe. (Spreuke 13:12)

Comment

Hoogmoedig oor nederigheid

Ek het vroeër hierdie jaar hierdie prentjie op my rekenaar afgelaai … wou graag iets daaroor skryf. Dit het my daarop gewys dat daar soveel mense is wat floreer op die goedkeuring en “likes” van ander mense.

Comment